GRAAFF-REINET NUUS - Carlien Oosthuizen (links) en Zenicke van Schalkwyk, twee puik swemmers van Laer Volkskool, het by die SA vlak 2- en 3-kampioenskappe in Gqeberha 'n klompie medaljes losgeswem.
Zenicke het in die vlak 2-kampioenskap vier goue, twee silwer- en twee bronsmedaljes verower.
Carlie het in die vlak 3-kampioenskap twee bronsmedaljes en een silwermedalje verower.
AW Lambrecht en Jamie Mdudumani, albei van Laer Volkskool, het by 'n vlak 1-swem-byeenkoms in Gqeberha weer hul slag gewys.
AW het twee eerste plekke in bors- en rugslag behaal terwyl Jamie derde was in die vlinderslag.
Jamie Mdudumani
AW Lambrecht
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'