GRAAFF-REINET NUUS - Tydens die Oostelike Provinsie se jaarlikse prysuitdelingsfunksie het die Volkskool Graaff-Reinet se ruiters baie goed presteer.
Marli Fourie ontvang 'n toekenning vir haar deelname namens die OP aan die SA Saalperd kampioenskappe, waar sy 'n sewende en agste plasing gekry het.
Tiaan Fourie ontvang ook 'n toekenning vir deelname, en plaas sesde, sewende en agtste. Tiaan het ook reeds op hierdie jong ouderdom deelgeneem aan die vyf gang- afdeling.
Marli wen die o8 OP-trofee vir die meeste punte.
Marichen Piek wen die o16-drie gang OP-trofee.
Zanki Botha wen die OP Victrix Ludorm-trofee vir ruiters 14 jaar en jonger.
Al die ruiters en hulle perde word afgerig deur Sumeri Botha van die Kamdeboo stalle in Pearston.
Sumeri rig al vir 25 jaar ruiters af en skou sedert sy vyf jaar oud is.
Tiaan Fourie op sy perd, Smoke on the water.
Voor van links is Marli Fourie en Tiaan Fourie. Agter staan Sumeri Botha (afrigter van ruiters afkomstig van die Kamdeboo stalle in Pearston), Zanki Botha en Marichen Piek.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'