GRAAFF-REINET NUUS - 'n Leerder van Hoër Volkskool, Deidre Alberts het vanaf 14 tot 18 Junie aan 'n inter provinsiale hokkietoernooi (IPT) in Johannesburg deelgeneem.
Sy het die o. 14 OP-hokkiespan verteenwoordig. Die span eindig algeheel elfde in die toernooi.
Alecia Louw, ook van Hoër Volkskool, het ook aan die IPT-hokkietoernooi in Bloemfontein deelgeneem. Sy was deel van die o. 16 OP-hokkiespan en het uitstekend gevaar in die uitspeelwedstryde.
Hulle moes op die laaste dag uitspeel teen Boland vir die eerste en tweede plek in die toernooi.
In die laaste minute kon Alecia daarin slaag om die wendoel vir OP aan te teken. OP eindig dus eerste in die toernooi.
Na afloop van die toernooi is Alecia gekies as deel van die SA o. 16 B-hokkiespan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’