KAROO NUUS - Hoër Volkskool het onlangs hul gewilde Springbok-jagkompetisie gehou. Die kompetisie is destyds deur die huiskomitee op die been gebring om 'n volhoubare bron van inkomste vir die herstel en verbetering aan die koshuisgebou, Huis Cronjé, te genereer.
In 2013 het slegs nege spanne vir die jagkompetisie ingeskryf, en het dit so gegroei dat daar hierdie jaar 30 spanne ingeskryf het, dit beteken dat daar ongeveer 120 jagters hieraan deelgeneem het.
Op die dag van die kompetisie het al die spanne by die skool bymekaar gekom. Elke spankaptein het 'n plaas se naam uit 'n hoed trek.
Die spanne het vier ure op die plaas gehad waarin elke spanlid twee bokke moes skiet.
Daarna het almal na die skool teruggekeer waar die bokke geweeg, horinglengte gemeet en skootplasing bepaal is. Elke jagter het punte vir die gewig van die bok asook die skootplasing gekry.
Die wenspanne van die jagkompetisie is:
- Eerste: Kapaaislanders - spanlede is Hendrik Wolfaardt, Nicholas van der Merwe, Phillippie Wolfaardt en Jaco Potgieter
- Tweede: Voltreffer
- Derde: Dashers
Individueel:
- Eerste: Phillippie Wolfaardt
- Tweede: Morné Fitzhenry
- Derde: Trompie Gildenhuys
Plase se pryse:
- Plaas waar die wenspan gejag het is op Klipfontein van Ed Parks
- Plaas met die bokke met die hoogste gemiddelde gewig is op Kopermyn van Kosie Wolfaardt
- Plaas met die swaarste ram is op Kopermyn van Kosie Wolfaardt
- Plaas met swaarste ooi is op Waterkrans van Francois van der Merwe
- Plaas waar die wenspan gejag het is op Klipfontein van Ed Parks
- Plaas met die ram met die langste horings en ook die wenbok, is op die plaas Shirlands van NJ en Deon Arnoldi.
- Plaas met die ooi met die langste horings is op Damesfontein van Phillippie Wolfaardt en die bok is geskiet deur Roelfie van der Merwe.
Ander individuele pryse:
- Die jagter wat die wenbok geskiet het is Paul Schoeman.
- Swaarste ram was geskiet deur Stanley Read.
- Swaarste ooi was geskiet deur Therronnie van der Merwe.
- Beste skoot van die dag was deur Kallie Erasmus.
Tokkels Lombard en Kosie Wolfaardt.
JP Smit en Therronnie van der Merwe. Hy het n slaglam se gewig reg geskat tydens Donderdagaand se Bokkoorsfunksie wat deur Weppie Preppie in die busskiet aangebied was. Die jagters het heerlik saam gekuier
Tokkels Lombard
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’