GRAAFF-REINET HOKKIENUUS - Laer Volkskool se o.13A-hokkiedogters het vir die sestiende agtereenvolgende jaar aan die Pietie Coetzee toernooi in Bloemfontein deelgeneem, waar hulle ’n vyfde plek verower het.
“Hierdie dogters het teen groot skole meegeding en uitstekend gevaar,” het die skool in ’n verklaring gesê. “Ons is baie trots op hulle vir hierdie mooi prestasie.”
Die uitslae was as volg:
- LVS verloor teen Oranje Meisieskool 0 – 8
- LVS verloor teen Menlo park 1 – 2
- LVS verloor teen Eunice 0 – 9
- LVS speel gelykop teen Jordania 1 – 1
- LVS verloor teen st Mary’s 0 – 2
- LVS verloor teen Collegiate 0 – 2
Agter: Dominique Botha, Eliné Fourie, Lisa Steynberg, Nina Loots, Lua Bouwer, Zanri Groenewald (kaptein), Anishka Luiters en Sarah Jacobs.
Voor: Mienke Janse van Rensburg, Saré Viljoen, Kieran Bruinders en Jani van der Merwe
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'