GRAAFF-REINET NUUS - Liezel Nel van Hoër Volkskool het tydens die Junie-vakansie op toer haar 100ste hokkiewedstryd vir die skool gespeel.
Die Graad 12-leerder is al seder Graad 10 in die eerste span.
“Dit was vir my 'n groot voorreg om met hierdie mylpaal op die veld te draf en my hart vir die 100ste keer uit te speel,” het Nel gesê.
Sy sien uit na die komende naweek se interskole teen Union High School.
Sy bedank graag mnr Wynand Volschenk, wat haar in Graad 10 en 11 afgerig het, asook haar huidige afrigter Claudia Cooke, vir haar positiewe insette in haar spel, asook dat sy haar leer om empatie te hê en om alles voluit te doen.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'