MURRAYSBURG NUUS - As viertrek-byeenkomste jou ding is, moet jy nie eerskomende Saterdag s'n wat by Jonkersnek net buite Murraysburg aangebied word misloop nie.
Dis werklik 'n baie besondere roete wat oor vyf ure strek met 'n baie mooi uitsig vanaf Aasvoëlkrans tot Hoëpunt en sal vir viertrekentoesiaste genoeg uitdagings bied.
Daar is ruimte vir motorfietse en 2x4-bakkies met talle gelukstrekkings wat gewen kan word.
Die bymekaarkomplek is Jonkersnek ongeveer 24 km buite Murraysburg op die Aberdeen pad (GPS: 32°04' 15.1 S en 23°38' 24 0 E).
Die inskrywingsgeld sluit 'n middagete in en alles is ten bate van Spitskop-tehuis vir bejaardes.
Foto: Ahmad Syahrir, Pexels
'Ons bring jou die nuutste Murraysburg, Karoo nuus'