KAROO SPORTNUUS - Die Suid-Afrikaanse ranglys vir swemmers is verlede week bekendgestel en 'n leerder van Laer Volkskool, Zenicke van Schalkwyk, is as een van Suid-Afrika se topswemmers in die o. 11-ouderdomsgroep aangewys.
Sy het in vier items onder die top-10 van Suid-Afrika se o.11's gekwalifiseer.
Van Schalkwyk se uitslae:
- 200 m rugslag - sesde
- 200 m wisselslag - sewende
- 50 m rugslag - negende
- 100 m rugslag - negende
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’