KAROO NUUS - Zenicke van Schalkwyk het van 15 tot 19 Maart by Kings Park-swembad in Durban aan die SA National Junior Age Group Swimming Championships deelgeneem, waar die beste swemmers van die land teen mekaar meeding; sy het 'n algehele vyfde plek behaal.
Die kompetisie word onder die vaandel van die SSA reëls en regulasies en die tegniese spesifikasies van die sport soos gespesifiseer deur World Aquatics, gehou.
Zenicke het in al haar swemslae haar persoonlike beste tye verbeter en haar uitstekend van haar taak gekwyt teen sterk kompetisie.
Die hoogtepunt van haar resultate was die 200 m-rugslag waar sy vir die eindronde gekwalifiseer het.
Zenicke is die jongste swemmer wat Graaff-Reinet nog opgelewer het om te kwalifiseer vir hierdie prestige kompetisie.
Sy word afgerig deur JP Seyffert van Destiny Swimming Academy.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’