KAROO NUUS - Twee leerders van Hoër Volkskool, Chris de Wet en Kate-Lynn Kruger het Saterdag 21 September aan die A-Liga-swemgala in Gqeberha deelgeneem.
Albei het podiumplekke behaal en ook van hul persoonlike beste tye verbeter.
Chris het vir die SA vlak 2-swemgala en Kate-Lynn vir die SA vlak 3-swemgala in 2024 gekwalifiseer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’