GRAAFF-REINET NUUS - Daar in Stöckenstrooomstraat is 'n klompie jongmanne wat hul ysterperde daagliks inspan om allerhande toertjies uit te voer.
Dis nou gesonde pret en dié manne, laerskoolleerders van Volkskool en Union, weet beslis hoe om oor 'n selfgeboude helling te spring.
Ons beoog om, sodra daar genoeg spasie in die Advertiser is, van die aksiefoto's te plaas.
Hugo Redelinghuys het die groep gaan afneem saam met 'n ou bekende in fietsrykringe in Graaff-Reinet, Christie Stols (voor in die middel).
Foto: Hugo Redelinghuys
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'