CRADOCK NUUS - HB Siebert (12), leerder van Laerskool Cradock, is 'n kranige skut en het onlangs aan die Suid Afrikaanse Metaal Silhouette Skietkampioenskappe in die Wes-Kaap deelgeneem.
In die klein kaliber (.22) produksiehandwapen kom hy eerste in die Junior o14-afdeling.
In die afdeling waar daar staande met 'n windbuks meegeding moes word, kom hy derde en met sy lugsporthandwapen skiet hy tweede plek los.
Hy behaal 'n algehele sesde plek met 'n gemiddelde puntetelling van 31 in die .22-kompetisie met klein kaliber wapens en 'n algehele derde plek, met 35 punte, in die klein kaliber wapenafdeling met oop visiere.
HB Siebert (12) van Laerskool Cradock.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’