STEYNSBURG NUUS - Die 15-jarige skopbokser, Dylan Isaacs, het die afgelope week die Steynsburg-gemeenskap verras toe hy verneem het dat hy na Italië gaan.
Dylan is 'n leerder aan die Waldorfskool in Hermanus. Hy het ses jaar gelede begin met skopboks- en karateklasse by sensei Ruehan van Romburg.
Volgens sy ma, Sarita Swartz, het Dylan voorheen daarin geslaag om internasionaal deel te neem, toe hy gedurende 2017 op 10-jarige ouderdom ook Suid-Afrika in Italië verteenwoordig het. "Hy was destyds vir nege dae in Italië."
Dylan het onlangs verneem dat hy weer gekies is om Suid-Afrika te verteenwoordig as deel van 'n uitnodigingspan wat September na Italië gaan.
Die toer se koste sal ongeveer R50 000 beloop.
Pastoor Audrey Tobias, die gesin se trotse buurvrou, in Steynsburg, sê dat hulle gelde probeer insamel om Dylan te help.
'Ons bring jou die nuutste Steynsburg, Karoo nuus'