GRAAFF-REINET NUUS - Die 33ste hokkie- en rugbyfees het vanaf 25 tot 28 Maart by Hoërskool Union plaasgevind.
Die skool se hoof, Christopher Felix, het gesê dat dit die eerste keer in twee jaar is wat hulle die fees kon hou.
Hoërskool Union het Hoërskool Kampsbaai in hul eerste rugbywedstryd met 53 - 0 geklop. Hulle het ook in die eindstryd Hoërskool Cambridge met 32 - 5 getroef.
Die hokkiespan van Union het Hoërskool Nico Malan met 11 - 0 geklop, Riebeeck Kollege met 2 - 0 en Hoërskool Cambridge met 7 - 0. Geen punte is teen Hoërskool Stirling aangeteken nie en hulle het 1 - 1 gelykop teen Hoërskool Stellenbosch gespeel. Union se hokkiespan het met 2 - 1 teen Hoërskool Witteberg verloor.
Ongeveer 600 leerder en afrigters het na Graaff-Reinet gereis om die geleentheid by te woon.
Skole wat aan die rugby deelgeneem het was, Hoërskool Union, Hoërskool Stirling, Gill Kollege, Hoërskool Cradock, Hoërskool Cambridge, Hoërskool Kampsbaai en Hoërskool Andrew Rabie.
Die skole wat aan die hokkie deelgeneem het was Hoërskool Union, Hoër Volkskool,
Hoërskool Stirling, Oos-Londen, Hoërskool Nico Malan, Hoërskool Cambridge, Hoërskool Clarendon, Hoërskool Stellenbosch, Hoërskool Dirkie Uys, Hoërskool Cradock, Victoria Meisies Hoërskool, Hoërskool Jim Fouché, Hoërskool Burgersdorp en Hoërskool Witteberg.
Volgens Felix was die fees 'n reusesukses en het die spelers fantastiese sportmangees getoon.
Hoërskool Union se eerste rugbyspan.
Ander skole in die omgewing se uitslae was as volg:
Rugby:
- Hoërskool Asherville vs Winterberg: 3 - 5
- Hoërskool Cradock vs Hoërskool Andrew Rabie: 44 - 5
- Gill Kollege vs Hoërskool Cambridge: 14 - 37
- Union se tweede span vs Spandau Sekondêr se eerste span: 32 - 29
- Hoërskool Kampsbaai vs Hoërskool Cradock: 0 - 49
- Gill Kollege vs Grey Unicorns: 0 - 41
- Asherville Hoërskool vs Burgersdorp Hoërskool : 0 - 17
Hokkie:
- Hoërskool Volkskool vs Hoërskool Stirling: 2 - 4
- Hoërskool Volkskool vs Hoërskool Cambridge: 0-1
- Hoërskool Volkskool vs Hoërskool Witteberg: 0 - 3
- Hoërskool Volkskool vs Hoërskool Jim Fouché: 4 - 3
- Hoërskool Volkskool vs Clarendon: 3 - 1
Hoërskool Union se eerste dogtershokkiespan. Foto's verskaf
Hoërskool Union se hokkiespan het uitstekend gevaar.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'