GRAAFF-REINET NUUS - Eben en Wian Lötter (regs), albei van Laer Volkskool, het verlede Saterdag aan die AGA Oos-Kaapse boogskiet-kompetisie in Jeffreysbaai deelgeneem en weer uitstekend gevaar.
Wian het 'n eerste plek in die 3D-afdeling losgeskiet en hy was tweede in die Kolskoot-afdeling.
Eben het die Kolskoot-afdeling gewen en hy was tweede in die 3D-afdeling.
Wian Lötter
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'