SPORTNUUS - Leerders van Laer Volkskool het einde Oktober goed gevaar tydens die B-groep-gala in Gqeberha (PE) waar 37 skole deelgeneem het.
Alle B-groep-galas se uitslae is na hierdie geleentheid saamgevoeg om die top-8-swemmers vir elke ouderdom in elke afdeling te bepaal.
Laer Volkskool het hierdie jaar sewe swemmers wat na die top-8-gala genooi is.
Hulle het as volg gekwalifiseer:
- Luhan Alberts - borsslag
- Uné Groenewald - vryslag en rugslag
- Elmaré Naudé - borsslag, vryslag en rugslag
- Beulah Nel - vryslag en rugslag
- Christo Nel - rugslag
- Naudé van der Merwe - rugslag
- JJ van Schalkwyk - borsslag, vryslag en rugslag.
Dié swemmers sal op 10 November aan hierdie uitnodigingsgala in Gqeberha, deelneem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’