KAROO NUUS - Die gewilde jaarlikse Karoogala is na 'n lang afwesigheid weens die Covid-19-pandemie weer op 22 Februarie hervat.
Die skole wat aan die swemgala vir laerskole deelgeneem het, was Laer Volkskool, Union Prep/High, Laerskool Cradock, Gill Primêr en Homeschool.
Die puntestand was as volg:
- Laer Volkskool 350
- Union Prep/High 343
- Gill Primary 191
- Laerskool Cradock 147
- Homeschool 66
Rekords wat tydens die Karoogala verbeter is:
Seuns
Grant Murray (UPS) het in die afdeling vir o.9's die 50 m-vryslag die rekord van Andrew Fischer (UPS) verbeter wat hy in 2002 opgestel het.
Jakobus Reynolds (Homeschool) het die 50 m-vryslag vir seuns o.11, die 50 m-borsslag en die 50 m-rugslag in nuwe rekordtye voltooi.
Aflos: Die o.10-span van Laerskool Cradock het die wisselslagaflos- en die kruipslagaflosrekords verbeter.
Dogters
Taylor Jacobs (UPS) het die 50 m-rugslagrekord vir dogters o.9 verbeter terwyl
Zenicke van Schalkwyk (LVS) die 50 m-rugslagrekord vir dogters o.11 met vier sekondes verbeter het.
Die victor ludorum is Jakobus Reynolds (H/S) met 'n totaal van 36 punte en die victrix ludorum is Carlien Oosthuizen (LVS) met 'n totaal van 30 punte.
Die skole wat aan die hoërskole-kompetisie deelgeneem het, was Hoër Volkskool, Union High, Laerskool Cradock, Gill College en Marlow.
Die totale puntestand was:
Dogters
- Union High 190
- Hoër Volkskool 168
- Gill College 17
- Hoërskool Cradock 15
Seuns
- Hoër Volkskool 224
- Union High 101
- Marlow 59
- Gill College 19
Die algehele puntestand was as volg:
- Hoër Volkskool 392
- Union High 291
- Marlow 59
- Gill College 36
- Hoërskool Cradock 15
Daar is slegs een rekord verbeter deur Marlien Crewe-Brown in die 50 m-borsslag.
Die victor ludorum was Izak Hattingh (HVS) met 'n totaal van 36 punte en victrix ludorum was Marlien Crewe-Brown (HVS) met 'n totaal van 38 punte.
Izak Hattingh en Marlien Crewe-Brown, albei van Hoër Volkskool, is ná afloop van die Karoogala onderskeidelik as die victor ludorum en die victrix ludorum aangewys.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'