Gallery
GRAAFF-REINET NETBAL NUUS - Die netbalproewe wat verlede Dinsdag by Hoër Volkskool aangebied is, het sommer puik spel opgelewer.
Hugo Redelinghuys het met sy kamera gaan inloer.
Mucharlè Martins, hulpdoel van Spandau se o.15-netbalspan, in aksie tydens die netbalproewe.
Sanet Grobler (Volkskool) maak gereed om die bal uit te gee terwyl Chleo van Heerden haar angstig dophou.
Jody Meyer (links), senter van Spandaus, is opgeneem in die o.14-span wat Vrydag in Oos-Londen aan die eindstryd in die proewe gaan deelneem.
Laurikay Jaftha, verdedigende vleuel van Spandau, gryp die bal uit die lug.
Cameron Hendricks (Volkskool) is die ene konsentrasie.
Nicole Mafeking, kookwater-hulpdoel van Asherville Sekondêr, strek akrobaties om die bal by te kom.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'