GRAAFF-REINET — Slegs ‘n paar weke nadat die Karoo Hokkieskool met lesse in Graaff-Reinet begin het, word daar reeds 'n hokkiekliniek vir die dorp beplan.
Cornelle Botha, oud-Volksie en Protea-hokkiespeler, sal as hoofafrigter van die kliniek dien, met Ina Botha, haar ma, as assistent-afrigter.
Die kliniek sal gevorderde hokkievaardigheidsopleiding aanbied.
Alhoewel die kliniek nie vir beginners is nie, sal meer gevorderde spelers beslis geweldig baie kan baat uit dié kliniek en word alle hokkie-entoesiaste aangemoedig om dit by te woon.
Die kliniek sal Saterdag, 3 Maart, by Union High se Astro aangebied word.
Kostes beloop R100 per speler en sal die kliniek duur van 09:00 tot 12:00 die oggend.
Cornelle Botha, oud-Volksie en Protea-hokkiespeler
Diegene wat meer hieromtrent wil uitvind kan Ina Botha skakel by 082 822 5311.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'