SPORTNUUS - Die Karoo-wedvlugunie (KWU), waarvan Merino-posduifklub 'n lid is, het op 17 Junie hul 2023-seisoen met 'n wedvlug van oor die 133 km vanaf Beaufort-Wes geopen. Daar word in drie afdelings deelgeneem - ope-, jaaroud- en juniors-afdeling.
Lategan-hokke C se wenduif in die ope-afdeling (ringnommer 1085) het die afstand in 9: 15.49, teen 'n haastige vliegspoed van 1769.1011/minuut afgelê.
Die volledige uitslae is as volg:
Ope-afdeling:
- Lategan-hokke C - posisies 1 en 6
- Lategan-hokke B - posisies 2, 5 en 9
- Lategan-hokke A - posisies 3, 4, 7, 8 en 10
Jaaroud-afdeling:
- Lategan-hokke C - posisies 1 en 3
- Lategan-hokke A - posisies 2, 5 en 6
- Lategan-hokke B - posisie 4
- Karoo-hokke - posisies 7 en 8
- G en J Heunis - posisies 9 en 10
Juniors-afdeling:
- Minnie-hokke - posisie 1, 3 en 8
- Carla Maré - posisie 2, 5 en 7
- Ian Maré - posisie 4 en 6
- Sarah Hampton - posisie 9 en10
Op 24 Junie het die tweede wedvlug van die seisoen vanaf Leeu-Gamka, oor 248 km plaasgevind.
In die ope-afdeling het die eerste twee duiwe dieselfde tyd ingeklok, maar die wenduif moes 130 m verder vlieg om by die hokke te kom.
Die uitslae is as volg:
Ope-afdeling:
- Karoo-hokke - posisie 1, 8, 9 en 10
- Afrikaner-hokke - posisie 2 en 3
- Lategan-hokke A - posisie 4, 5 en 6
- Jannie Ferndale - posisie 7
Jaaroud-afdeling:
- Lategan-hokke A - posisie 1
- Lategan-hokke B - posisie 2
- Lategan-hokke C - posisie 3
- G & J Heunis - posisie 4, 7 en 8
- Karoo-hokke - posisie 5, 6 en 10
- Afrikaner-hokke - posisie 9
Juniors-afdeling:
- Minnie-hokke - posisie 1en 5
- Carla Maré - posisie 2, 3, 6 en 10
- Ian Maré - posisie 4, 7 en 9
- Sarah Hampton - posisie 8
Op 1 Julie het die duiwe vanaf Laingsburg gevlieg, 'n allemintige 360 km ver.
Die uitslae is as volg:
Ope-afdeling:
- Benito's - posisie 1
- Karoo-hokke - posisie 2, 6, 8 en 9
- Lategan-hokke B - posisie 3, 7 en 10
- G en J Heunis - posisie 4 en 5
Jaaroud-afdeling:
- JR Marais - posisie 1
- Lategan-hokke B - posisie 2 en 10
- G en J Heunis - posisie 3, 4 en 5
- Karoo-hokke - posisie 6 en 9
- Lategan-hokke A - posisie 7 en 8
Die volgende wedvlug van die Merino-posduifklub vind op 8 Julie vanaf Touwsrivier plaas.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'