GRAAFF-REINET NUUS - Die National Archery in Schools Programme (NASP) interprovinsiale en nasionale boogskietkampioenskappe het van 3 tot 5 Oktober in Rustenburg in Noordwes plaasgevind.
Sewe leerders van Graaff-Reinet is gekies om die Oos-Kaap NASP-span van 32 tydens dié nasionale kompetisie te verteenwoordig.
Juryna Fourie, Annelou van der Mescht en Jaco van Loggerenberg van Hoër Volkskool, Daniel McNaughton en Matthew McNaughton van Union High School is in die Oos-Kaap hoërskolespan opgeneem.
Casper Bekker en Freddie van Loggerenberg van Laer Volkskool is in die laerskole-afdeling opgeneem.
Daar het dan ook 14 leerders van die Hoër Volkskool-boogskietspan in die onlangse nasionale interskole-kompetisie deelgeneem.
Die Oos-Kaap NASP-span behaal 'n derde plek in dié span kompetisie. In die nasionale interskole-kompetisie se Bullseye-afdeling behaal die Volkskool span 'n 12de plek uit 16 spanne met 'n spantotaal van 3134.
Die HVS 3D-span behaal 'n 12de plek uit 32 spanne met 'n spantotaal van 1552.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'