GRAFF-REINET NETBALNUUS - Die Sunridge-netbaltoernooi in Port Elizabeth het Saterdag, 18 Mei, twintig o.13-netbalspanne gelok.
Laer Volkskool (LVS) het ook na PE gereis om aan dié toernooi deel te neem.
Na die eerste drie wedstryde het die top agt skole deurgegaan na die volgende rondte.
- LVS wen Walmer West: 5-0
- LVS verloor Kabegapark: 3-4
- LVS wen Pellsrus: 7-5
Laer Volkskool eindig hier sesde uit die twintig skole en speel dus in die volgende rondte. In hierdie rondte speel hulle teen Sonop wat in die derde posisie geplaas is en speel gelykop vier elk.
Die span wat die laaste doel aanteken, gaan met 'n gelykop-uitslag deur na die volgende rondte.
So eindig Laer Volkskool in die semi-finaal teen Tjaart van der Walt en wen die wedstryd 2-1.
Daarna speel hulle in die finaal teen Sunridge wat LVS 14-0 verloor. Laer Volkskool eindig tweede uit twintig skole en is die silwer medalje wenners. Voorwaar 'n puik prestasie.
Jaydene Vaaltyn word ook aangewys as die beste o.13-verdedigende speler van die dag. Hiervoor onvang sy 'n trofee.
Laer Volkskool (LVS) het ook na PE gereis om aan dié toernooi deel te neem.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'