GRAAFF-REINET NUUS - Hoër Volkskool se Dané Thiart was bedrywig tydens die Desember-vakansie, aangesien sy aan die Nasionale Binnehuise Hokkie-toernooi in Kaapstad deelgeneem het.
Thiart het die Oos-Kaap verteenwoordig as deel van die o.16 B-span. Dié span het derde in hul afdeling geëindig, en algeheel sewende gekom.
"Sy het waardevolle ondervinding by hierdie toernooi opgedoen, baie geluk!", het Suliza van Wyk namens die skool gesê.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'