POSDUIF WEDVLUGTE NUUS - Dit is nie aldag dat pa en seun, Petrie en Ian Maré, twee wedvlugte na mekaar wen nie, en nogal met dieselfde duiwe is dit heel ongehoord.
Verlede Saterdagoggend het die Merino-posduifklub se duiwe vanaf Worcester gevlieg - 'n afstand van 504 kilometer. Na 13 uur, 38 minute en 28 sekondes is die wenduif geklok en in die ope-afdeling is daar net 10 minute tussen die eerste 10 duiwe gewees.
Die uitslae is as volg:
Ope-afdeling:
- Benito's - 1
- G en J Heunis-hokke A - 2 en 10
- E Makelina - 3
- Karoo-hokke van Petrie Maré - 4, 5, 6 en 7
- A Everson - 8 en 9
Jaaroud-afdeling
- Karoo-hokke - 1, 2, 3, 8, 9 en 10
- Lategan-hokke A - 4, 5 en 7
- Lategan-hokke B - 6
Juniors-afdeling
- Ian Maré - 1, 2, 5 en 6
- Minnie-hokke - 3, 4 en 8
- Sarah Hampton - 7, 9 en 10
Opkomende wedvlugte:
Die volgende wedvlug vind op 22 Julie vanaf Ceres plaas.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’