KAROO NUUS - Petrie Maré en sy seun, Ian (nou 9), het deelnemers en toeskouers verstom deur al drie afdelings van die Ceres-wedvlug op 22 Julie te verower.
Wedvlug-entoesiaste en -kenners weet dit is waarlik 'n enorme prestasie dat Karoo-hokke die jaaroudafdeling weereens gewen het met hulle bobaas duif met ringnommer 010.
Dit is nou drie weke agter mekaar dat hierdie duif koning kraai!
Volledige uitslae is as volg:
Ope-afdeling
- Karoo-hokke: - 1, 2, 3, 4, 5, 7, 9 en 10
- Lategan-hokke: C - 6
- E Makelima: - 8.
Jaaroudafdeling
- Karoo-hokke - 1, 5, 6, 7, 8 en 9
- Lategan-hokke A - 2
- Lategan-hokke C - 3
- Lategan-hokke B - 4
- JR Marais - 10.
Juniorafdeling
- Ian Maré - 1, 8, 9 en 10
- Carla Maré - 2 en 3
- Sarah Hampton - 4
- Minnie Hokke - 5, 6 en 7.
Klein Ian Maré (to twee jaar oud) by 'n mandjieaand. Hy neem al van hy kan loop saam met sy pa, Petrie aan die sport deel. Hy is nou deel van die juniorspan en het sy eie duiwe.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’