GRAAFF-REINET NUUS - Die program vir volgende week se Interskole-kragmeting tussen Volkskool en die Union skole is dié week bekend gemaak.
Die verrigtinge sal reeds Maandag, 6 Augustus, afskop met die O.10 seuns- en meisies-tennisspanne wat om 14:00 dié dag hul wedstryde op Laer Volkskool se bane sal speel waarna die skaak-kompetisie in aanvang sal neem met die Graad 1 tot 4 spelers wat om 16:30 in Hoër Volkskool se saal sal begin, gevolg deur die hoërskool spelers om 18:00.
DINSDAG
Op Dinsdag, 7 Augustus, sal daar baie aksie op die tennisbane te bespeur wees, met die eerste en tweede junior seuns- en meises-tennisspanne wat om 14:00 by Laer Volkskool begin speel en die tweede junior seuns - en meisies-tennisspanne wat terselftertyd op Hoër Volkskool se bane sal speel.
WOENSDAG
Op Woensdag, 8 Augustus, slaan die golf op die Graaff-Reinet Gholfbaan om 14:30 af, met die vasvra en redenaars van die hoërskool-leerders wat by Hoër Volkskool se saal om 18:00 gehou word.
VRYDAG
Op Vrydag, 10 Augustus, skop Interskole naweek amptelik af en kan sportliefhebbers van 11:00 die oggend reeds na die aanskoulike tenniswedstryde tussen die eerste en tweede senior meisie-tennispanne by Hoër Volkskool se bane gaan kyk, terwyl die eerste en tweede senior seuns-tennisspanne by Union se Bremner-bane en die derde seuns- en meisies-tennisspanne by Laer Volskool die selfde tyd gekyk kan word.
Op die hokkiebane begin die aksie ook vroegoggend met die skole se skattige O.7A-spanne wat om 10.30vm by Hoër Volkskool se hokkiebaan gaan begin speel.
Die wedstryd word gevolg met O.8A-spanne se wedstryd om 10:55, die O.9A-spanne se wedstryd om 11:20 en die O.10A-spanne se wedstryd om 11:45.
Die O.13B-spanne speel dan 12:10, die O.13A-spanne om 13:00 en die senior derde spanne om 16:00.
Die kleuterskole se Cupcakes en Candyfloss-spanne sal om 10:30 die oggend op die HVS-rugbyveld speel.
Ook, op Vrydag, sal die rugbykragmetings vroegdag afskop met die wedstryd van Union Pre School en Weppie Preppie se Batman- en Spiderman-spanne op die HVS A-veld om 11:30.
Op HVS se C-veld sal die O.7A's om 11.30 afskop, die O.8A's om 12:00 en die O.9A's om 12.30nm.
Op HVS se A-veld sal die O.11B's om 13:20 speel, die O.13B's om 14:00 en die senior derde spanne om 16:00.
SATERDAG
Saterdagoggend, 11 Augustus, sal die ondersteuners seker soos oudergewoonte reeds van dou voor dag af langs die hokkievelde begin saamdrom om die spanne te ondersteun.
Om 08:00 die oggend skop die aksie af met die O.16B-spanne wat mekaar takel op die HVS-veld gevolg deur die skole se tweede spanne om 08:50.
Die O.16A-spanne sal om 10:15 op Union se Astro mekaar die stryd aansê gevolg deur die Union en Volkskool eerstespanne om 11.15vm - ook op die Union Astro.
Die dag se rugbywedstryde begin om 08:15 by die Botanies met die O.11A-spanne wat mekaar eerste pak, gevolg deur die O.14A's om 09:00, die O.15A's om 10:00, die O.13A's om 12:20, die O.16A's om 13:20 en die tweede spanne om 14:30.
Om die week se sportaktiwiteite te kroon sal die Union en Volkskool eerste rugbyspanne mekaar dan om 16:0 by Botanies in 'n uiters opwindende stryd aanpak.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'