GRAAFF-REINET NETBALNUUS - Hoërskoolleerders Maryna Nel, Marichen Piek, Lara du Plessis en Lykita Koeberg is na afloop van die onlangse provinsiale netbalproewe gekies om die Oos-Kaap in dié sport te verteenwoordig.
Dié Hoër Volkskool-spelers is gekies vir die O.18 span wat tydens die Junie-vakansie aan 'n interprovinsiale toernooi te Boksburg gaan deelneem.
Dit is 'n dubbele eer vir Hoër Volkskool, nadat Lara en Lykita tydens die April-vakansie gekies is vir die Arthur Johnson-span wat tydens die September-vakansie na die Verenigde Koninkryk gaan toer, ook vir hul netbaltalent.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'