GRAAFF-REINET NETBALNUUS - Tydens die Junie-vakansie het Hoër Volksool se eerste netbalspan-kaptein Lykita Koeberg aan die Interprovinsiale Netbaltoernooi te Boksburg deelgeneem.
Koeberg is gekies vir die Oos-Kaap o.18A-span, en was ook onder-kaptein van dié span.
Tydens die span se kragmeting teen Limpopo is die Volksie aangewys as Speler van die Wedstryd.
Die netbalster se talent stop nie daar nie. Sy is onlangs ook verkies tot die o.21 Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsspan.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'