GRAAFF-REINET NUUS - Die O.13-netbalspan van Laer Volkskool het die pas afgelope naweek, 8 en 9 Maart, aan die Frans Erasmus-netbaltoernooi deelgeneem.
Dié toernooi word aangebied deur die Hoërskool PJ Olivier in Grahamstad.
Alhoewel spel in gietende reën op glibbernat bane plaasgevind het, het die dogters dit steeds baie geniet.
Die LVS-span het 4-6 verloor teen Dr. Viljoen, 6-2 gewen teen PJ Olivier, 10-8 gewen teen Port Alfred Primary, 7-4 gewen teen Setlaarspark en 4-12 verloor teen De Vos Malan.
Die skool bedank graag elke speler vir hul deelname en goeie gedrag tydens die toernooi.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'