GRAAFF-REINET NUUS - Die afgelope vakansie het die eerste netbalspan van Hoër Volkskool aan die Arthur Johnson-sporttoernooi in Mosselbaai deelgeneem. Altesaam 20 skole het aan die afrigtingskliniek en toernooi deelgeneem.
Hoër Volkskool het 11de in die toernooi geëindig.
Rominsihia Stoffels en Monique Mzolisa is as Volkskool se twee belowendste spelers aangewys en het elkeen met 'n medalje weggestap.
Tanya Nieuwoudt is gekies vir die Arthur Johnson Invitational-netbalspan wat einde September na Italië en Malta sal toer om daar aan 'n toernooi deel te neem.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'