GRAAFF-REINET NUUS - Spandau se netbalspanne het die afgelope naweek aan die Sarah Baartman-skolenetbaltoernooi in Humansdorp, deelgeneem.
Hoërskool Nico Malan het die toernooi gehuisves. Wedstryde was op 'n Round Robin-basis gespeel in elke ouderdomsgroep, met Batho- en Ubunthu-spanne.
Twee Batho- en een Ubuntu-span (volgens ouderdom) sal deurgaan na die nasionale kampioenskappe wat op 16 Junie in Oos-Londen plaasvind.
Spandau het onder die volgende ouderdomsgroepe deelgeneem en onder die Ubuntu-span die volgende plekke behaal:
- o.16 - Tweede plek
- o.17 - Eerste Plek
- o.19 = Tweede plek
Die o.17- en o.19-spanne sal aan die provinsiale kampioenskappe deelneem.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'