GRAAFF-REINET NUUS - Een van die land se voorste netbalafrigters, Lana Krige, self ook ‘n voormalige Protea-speler, het onlangs 'n netbalkliniek vir die spelers van Laer Volkskool aangebied.
Die kliniek se twee sessies, op Vrydag en Saterdag, 22 en 23 Februarie, het dit ten doel gehad om die spelers se vaardighede op die baan te verbeter en het daar altesaam 85 van dié skool se toekomstige netbalsterre hierby baatgevind.
Die leerders wat hieraan deelgeneem het, se ouderdomme het gewissel van 7 tot 13-jaar-oud.
Tydens die twee dae is waardevolle lesse deur Krige en ander spelers verbonde aan NMU aan die meisies oorgedra en was dit werklik van groot waarde vir elke speler wat daaraan deelgeneem het.
Die skool bedank graag alle rolspelers wat van hierdie netbalkliniek ‘n sukses gemaak het.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'