Gallery
GRAAFF-REINET NUUS — Laer Volkskool se toekomstige netbalsterre het verlede week afrigting van een van die land se voorste afrigters tydens 'n netbalafrigtingskliniek ontvang.
Die kliniek se twee sessies, op Vrydag en Saterdag, 9 en 10 Maart, is deur Laer Volkskool in samewerking met die SPAR Madibaz Netbalafrigtingskliniek aangebied, en het kenners soos die voormalige Protea-speler Lana Krige die meisies toegespreek.
Afgesien van die verbetering van die spelers se vaardighede op die baan, het die kliniek ook onderwysers met opgedateerde handleidings oor die nuutste reëls en riglyne vir afrigters en skeidsregters voorsien.
Die leerders wat hieraan deelgeneem het, se ouderdomme het gewissel van 7 tot 13-jaar-oud.
Tydens die twee dae is waardevolle lesse deur Krige en spelers van NMU aan die meisies oorgedra en was dit werklik van groot waarde vir elke speler wat daaraan deelgeneem het.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'