GRAAFF-REINET NETBALNUUS - 'n Groep junior en senior netbalspelers van Hoër Volkskool het onlangs 'n netbalafrigtingskursus in Port-Elizabeth bygewoon.
Die kursus is aangebied deur die Nelson Mandela Universiteit se netbalklub, die Madibaz, by die universiteit se binnenshuise sportsentrum, met die hoofafrigter Lana Krige.
Die spelers het verskeie afrigtingssessies bygewoon, wat gevolg is deur mini toernooie waar die spanne, onder andere, teen die Madibaz-span ook gespeel het.
Al die wedstryde was vriendskaplik en gespeel om die afrigtingsessies op 'n hoë noot af te sluit.
Aan die einde van die naweek is die talentvolle Carlin Jansen (regs) aangewys as die Beste Aanvallende Speler by die kursus.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'