GRAAFF-REINET SPORT NUUS - Die kompetisie is straf by die Graaff-Reinet-rolbalklub waar besighede weer vanmiddag teen mekaar te staan kom in die derde rondte van die besigheidsliga.
Op die oomblik loop Nel Boerdery gemaklik voor.
Die Top 5 is Nel Boerdery 4+21; Victoria 'n Square 4+8; ATKV 4+8; PG Glass 4+7 en Blue Sky 4+4.
Opwaarts
Spanne wat reuse treë opwaarts gegee het is GBG +21 plekke; Karoo Suzuki +19 en Rapportryers +16.
Afwaarts
Die spanne wat erg teruggesak het is Octofin en Spar, albei -24 en Montego Cubs, -19.
Naweek se spel
Enkelspel-kompetisies word Saterdag en Sondag by die Graaff-Reinet Rolbalklub gespeel. Die publiek is welkom om die dorp se talentvolle spelers te gaan ondersteun.
Sien jul daar!
Gerrie van Rooyen van span Mengelmoes is die ene konsentrasie.
HVS se Niel Schreuder wys styl. Foto’s: Eddie Brett-Rite
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'