GRAAFF-REINET NUUS - Llewellyn en Marlien Crewe-Brown, albei leerlinge van Hoër Volkskool, het hulself weer as kranige muurbalspelers bewys.
Marlien is gekies vir die OP o16 A-span, terwyl Llewellyn as reserwe vir die o19 A-span gekies is. Hierdie is 'n groot prestasie, aangesien Llewellyn eintlik nog o17 is.
Die twee gaan OP verteenwoordig by die interprovinsiale toernooi in Bloemfontein gedurende die Junie-vakansie.
Baie sterkte!
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'