CRADOCK SPORTNUUS - Spandau Sekondêr en Michausdal Sekondêr van Cradock se rugby- en netbalspelers het op 27 Mei in Graaff-Reinet in 'n paar vriendskaplike wedstryde teen mekaar kragte gemeet.
Spelers van albei skole het met entoesiasme en ywer aan die wedstryde deelgeneem, en daar was ook 'n paar rugbybeserings.
FOTOGALERY: Cradock se rugby- en netbalspelers
Darem nie te ernstig nie, maar een of twee voorvalle het jou na jou asem laat snak - soos 'n Spandau-speler se vinger wat lelik uit lit was. Spandau en Hoër Volkskool se netbalspanne het Donderdag 25 Mei teen mekaar meegeding.
25 Mei netbal - Spandau vs Hoër Volkskool
- o. 14, Spandau wen 13 - 12
- o. 16, Volkskool wen 10 - 6
- A-span, Spandau wen 15 - 12
27 Mei netbal - Spandau vs Michausdal
- o. 14 Spandau wen 9 - 4
- o. 15 Spandau wen 12 - 2
- o. 16 Spandau wen 10 - 6
- o. 17 speel gelyk op met 7 elk
- A-span Spandau wen 32 - 7
27 Mei rugby- Spandau vs Michausdal
- o. 14 speel gelyk op met 12 elk
- o.16 Spandau wen 20 - 0
- Spandau se tweede span wen 17 - 10
- Spandau se eerste span wen 14 - 8
Spandau vertrek eerskomende Vrydag 2 Junie na Oos-London vir die finale Oos-Kaap-proewe vir skaak, rugby en vlugbal.
Foto's: Sonia Wahl
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’