Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Die MatchPoint krieket-en tennisakademie se spelers van die kwartaal is aangekonding, en te danke aan Spur kan dié jong talente nou lekker maaltye by die restaurant geniet.
Tristan Hope is die akademie se krieketspeler van die kwartaal, en Jani van der Merwe die beste tennisspeler. Beide het geskenkbewyse ter waarde van R300 by Spur ontvang.
Deur die kwartaal het spelers van die week elkeen geskenkbewyse ter waarde van R50 ontvang.
Hulle is:
André Wolfaardt, Keith Hudson, Mecoli Vorster, Luke Steyn, Louwen Wolfaardt, Divan de Lange, Emma Short, Michael Maritz, Murray Hope, Dante Milts, Maverick Guest, Danial Short, Jake Hobson, Danial Marais, Edwin Holmes en Jayden Swart.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'