GRAAFF-REINET NUUS - Marlien Crewe-Brown, ‘n plaaslike leerder verbonde aan Hoër Volkskool, het tydens die Junie-skoolvakansie OP se O.14B-span verteenwoordig by die IPT hokkietoernooi.
Daar het altesaam 15 spanne aan dié toernooi in Bloemfontein deelgeneem.
Elf van dié spanne was A-spanne en vier daarvan B-spanne.
Die OP O.14B-span het algeheel vyfde in die toernooi geëindig en was eerste van die B-spanne.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'