Gallery
KAROO NUUS - Ross MacGregor van Richmond het die eerste 86 km Sylvester-bergfietswedren gewen.
Sylvester die leeu het in 2015 en 2016 wêreldwyd nuus gemaak toe hy op twee geleenthede uit die Karoo Nasionale Park ontsnap het. Met die twee ontsnappings het hy altesame 347 km tussen Beaufort-Wes, Fraserburg, Merweville en omliggende areas die vryheid van die Karoo deurkruis.
Sy swerwerspore in die Karoo, gaan nou jaarliks deur bergfietsryers gevolg word as deel van hierdie nuwe bergfietsbyeenkoms.
MacGregor het die roete aan die voet van die Nuweveldberge, aangrensend aan die Karoo Nasionale Park, Beaufort-Wes, in 'n tyd van 3:21:27 voltooi.
Cycle Addict se twee ryers, Philip la Grange (3:25:39) en Serfie Serfontein (3:25:41) het onderskeidelik tweede en derde klaargemaak.
Die jong Charlissa Schultz van Oudtshoorn, was die eerste dame om die bergfietsren te voltooi. In ‘n tyd van 3:43:25 het sy ook algeheel sewende geëindig.
Kenneth Vermeulen (50:39) het die 20 km wedren gewen, met Johannes Jordaan eerste oor die eindstreep in die 43 km bergfietsren.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'