Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Die pas afgelope Saterdag, op 25 Augustus, het die O.8-hokkiespan van Laer Volkskool aan die Burgersdorp Laerskool-sportdag vir rugby- en hokkiespanne deelgeneem.
Die span het baie goed gevaar en is na afloop van die dag se wedstryde, as die O.8-span van die dag aangewys.
Een van die span se spelers, Mia Botha, is ook aangewys as voorspeler van die dag.
Met dié toernooi het dié spannetjie hul tweede seisoen agtereenvolgens onoorwonne afgesluit.
Die skool is baie trots op die span.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'