GRAAFF-REINET NUUS EN VIDEO - Om deelname in sport aan te moedig, het Laer Volkskool ‘n nuwe inisiatief van stapel gestuur dié jaar.
Die skool bied nou gratis ‘ontwikkeling’-sessies vir die skool se jong leerders op ‘n weeklikse basis.
Deur middel van dié sessies, probeer die skool die leerders se fiksheid, konsentrasievermoë, deursettingsvermoë, moed en durf, probleem-oplossing, spierontwikkeling, hand-oog-koördinasie, dissipline, balans en stamina verbeter.
Die halfuur-sessies leer die kinders ook om saam in ‘n span te werk.
Ouers word aangemoedig om hul kinders te laat deelneem aan hierdie pret aktiwiteit.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'