JANSENVILLE NUUS - Die 24-jarige Lizandré Mulder het vanjaar vir die vierde keer die vroueafdeling van die Angora bergfiets- en hindernisroete se halfmaraton in Jansenville gewen. Sy het die 21,1 km in 1 uur 35 minute afgelê.
"Sy is ons trots," vertel haar ma, Leoné Mulder.
Lizandré is 'n finale jaar LLB-student aan Kovsies. Van haar vorige prestasies sluit in 'n bronsmedalje in 3 000 m-hindernis by die SA spele en sy is ook die Ussasa 2021-kampioen in die 3 000 m-hindernis 2021 waarvoor sy vanjaar ook 'n goue medalje verower het.
Lizandré kom neem elke jaar sedert 2017 aan die Angora Classic deel, maar in 2019 het sy deelgeneem aan die SA spele en kon sy gevolglik nie na Jansenville reis om deel te neem nie.
Lizandré is ‘n boorling van Jansenville en dit is vir die inwoners wonderlik dat een van hul eie so goed presteer.
'Ons bring jou die nuutste Jansenville, Karoo nuus'