Gallery Video
GRAAFF-REINET NUUS EN VIDEO - Laer Volksool het vroeër vanjaar besluit dat Die Kewertjie, hul onthaal-area langs die sportveld, kan doen met 'n paar opknappings.
Na verskeie fondsinsamelingsprojekte is Die Kewertjie, met sy nuwe gesig, Woensdag, 12 Junie, tydens die skool se Sewe's Pretdag bekendgestel.
Die Kewertjie spog nou met nuwe teëls, gordyne, en geverfde mure. Ouers kon die eindproduk aanskou deur sop of sjerrie daar te gaan koop.
Sien nog foto's hier.https://www.graaffreinetadvertiser.com/Galleries/Gallery/Schools/vet-pret-by-sportdag-201906201033
Dit was natuurlik nie al pret van die dag nie.
Leerders, onderwysers en ouers is in spanne ingedeel en het in netbal en rugby teen mekaar meegeding
Worsrolletjies en ander lekkernye is ook verkoop langs die rugbyveld.
Laer Volkskool sê hulle is baie trots op hul nuwe Kewertjie.
Hulle het OOV-Voorsitter Marichen Nel en haar span bedank vir die projek se sukses. Daar is ook dankie gesê aan Ghoepie Olivier, wat gehelp het om die gordyne te maak.
Kyk 'n video hieronder.
Jonk en 'oud' het die dag saam geniet. Foto's: Christo Vermaak
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'