HOKKIENUUS - Laer Volkskool het verlede Vrydag ligawedstryde teen Laerskool Gill gespeel en het gemengde resultate behaal.
Hokkieuitslae
Laer Volkskool (LVS) se hokkiespanne het verlede Vrydag teen Laerskool Gill op LVS se velde gespeel.
Almal het hulle harte uitgespeel en goeie sportmangees was aan die orde van die dag.
- o. 7 verloor 0 - 2
- o. 8C verloor 1 - 3 teen Gill se o. 8B - span
- o. 8B wen 3 - 0
- o. 8A wen 5 - 0
- o. 9B verloor 0 - 2
- o. 9A wen 11 - 2
- o. 10B verloor 6 - 7 teen Gill se o.10A-span
- o. 10A wen 5 - 0
- o. 13B wen 1 - 0
- o. 13A wen 6 - 0
Skaakuitslae
LVS se senior en junior skaakspanne het Vrydag teen Laerskool Gill kragte gemeet by Laer Volkskool.
LVS se seniorspan verloor 4 - 3 en die juniors wen 6 1/2 - 1/2.
Laer Volkskool se o. 13B-hokkiespeler, Adrie Conradie op pad na die doellyn. Foto's: Ben Snyman
Rugbyuitslae
Op Saterdag 20 Julie het LVS se rugby- en netbalspanne teen Laerskool Gill in Somerset-Oos gespeel.
- o. 7 speel gelykop 15 - 15
- o. 9B wen 40 - 0
- o. 9A wen 7 - 0
- o. 11B verloor 19 - 21
- o. 11A verloor 0 - 24
- o. 13B verloor 12 - 26
- o. 13A verloor 5 - 39
Die o. 8-hokkiespelers van Laer Volkskool tydens hul kragmeting teen Laerskool Gill is Taelen Barends voor, Anle Botha agter haar, Elbé Landman en Katrien Botha heel agter. Foto's: Ben Snyman
o. 13B-hokkiespelers van Laer Volkskool, Raylene Basterman by die bal en Ame Schutte agter haar, tydens hulle ligawedstryd teen Laerskool Gill verlede Vrydag.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’