Gallery
GRAAFF-REINET NEWS — Dit was een kleurvolle gedoente toe Laer Volkskool se seuns en meisies verlede week 'n kleur-oorlog onder mekaar op die skool se sportgronde gevoer het.
Op Donderdagmiddag, 10 Augustus, het dié skool hul jaarlikse kleurfees gehou waar leerders mekaar met helderkleurige poeier kon bykom.
Die leerders het dit terdeë geniet en was ieder en elk toegesmeer van kop tot tone in helder reënboogkleure na afloop van die geleentheid.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'