Gallery
KAROO SPORTNUUS - Kroonvale het koning gekraai in die afgelope naweek se interskole by die Botaniese Tuine se sportgronde.
Die jaarlikse byeenkoms tussen Graaff-Reinet- en Kroonvale Primêr het vir groot opwinding gesorg, met klein tjokkertjies wat soos ervare spelers aan verskeie sportkodes deelgeneem het.
FOTOGALERY: Graaff-Reinet- en Kroonvale Primêr sorg vir groot opwinding
Kroonvale het Graaff-Reinet 41 - 31 gewen.
Uitslae van die eerste spanne:
- Hokkie: Kroonvale wen 1 - 0
- Rugby: Graaff-Reinet wen 24 - 7
- Tafeltennis: Eindig gelykop met 12 - 12 elk
- Skaak: Graaff-Reinet wen 16 - 8
- Netbal: Graaff-Reinet wen 23 - 22
- Sokker: Kroonvale wen 7 - 0
Brendon Daniels, skoolhoof van Kroonvale Primêr, sê die interskole was 'n reusesukses. "Goeie sporttalente is tentoongestel en toeskouers kon uitstekende spel deur beide skole aanskou. Die gasheerstatus is aan Graaff-Reinet Primêr vir 2024 oorgegee.
Alle sterkte word hulle toegewens.
Dankie aan al die borge vir hulle ondersteuning. Ons dank gaan ook aan die Advertiser vir die blootstelling en fotoblad."
Spelers van Graaff-Reinet Primêr lig hulle spanmaat baltoe. Foto: Tagon Jackson
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’