GRAAFF-REINET — Cornelle Botha, oud-Volksie en Protea-hokkiespeler, het onlangs entoesiastiese hokkiespelers van Graaff-Reinet in vervoering gehad met haar hokkievernuf en kennis van dié gewilde sportsoort.
Die Karoo Hokkieskool se hokkiekliniek wat op Union High se Astro hokkieveld plaasgevind het, is deur talle belangstellende hokkiespelers van etlike skole in die omtrek bygewoon.
Ina Botha, hoofafrigter van die Karoo Hokkieskool, het die kliniek gereël en ook gedien as assistent-afrigter op die dag.
Spelers het hiér basiese en gevorderde tegnieke aangeleer en is elke deelnemer se hokkievaardighede ordentlik geslyp.
Cornelle Botha saam met 'n handjievol Laer Volkskool-hokkiespelers wat die onlangse hokkiekliniek bygewoon het.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'