Gallery
GRAAFF-REINET NUUS — Oor minder as drie weke draf talle Graad R-leerders vir die eerste keer in hul skoolloopbaan op die hokkie- en rugbyveld uit.
Die gebeurtenis sal plaasvind tydens die jaarlikse interskole kragmeting tussen Union en Volkskool.
Die spannetjies is reeds hard aan die oefen en sal die Cupcakes- en Candyfloss-hokkiespanne en die Batman- en Spiderman-rugbyspanne mekaar op Vrydag, 11 Augustus, die stryd aansê.
Die spannetjies bestaan uit 'n kombinasie Weppie Preppie-kleuters en Union Pre-primary School-kleintjies.
Die spelertjies sal toeskouers se harte vermurwe met hul ywer vir die sportsoorte wat hul sopas aangeleer het en sal daar weer tientalle ouers, grootouers, tannies en ooms die veld omsingel om hul ondersteuning aan die kleintjies te gee.
Die kleintjies oefens tans weekliks om die basiese beginsels van die twee sportsoorte onder die knie te kry.
Die kleuters mag dalk oor 'n klompie jare vir Union en Volkskool se eerste spanne uitdraf - die skole se ondersteuners word dus gevra om hul steun te kom wys oor Interskole-naweek en die toekomstige sportsterre in hul heel eerste wedstryd ooit te aanskou!
Klik hier vir 'n fotogalery van 2016 se kleuters in aksie.
Jong rugbyspelers op die veld verlede jaar. Foto's: Mariëtte Burger
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'