GRAAFF-REINET NUUS - Koue weer het nie die geesdrif by Hoër Volkskool se jaarlikse kleure-atletiekbyeenkoms gedemp nie.
Sterk kompetisie in sekere items het gesorg vir opwinding en goeie prestasies.
Vyf byeenkomsrekords het in die slag gebly.
Marion de Boer breek die rekord vir die 1 500m Dogters O.15 met haar tyd van 5:24,95 sekondes Dané Thiart laat val die Gewigstoot Dogters O.15-rekord met haar gooi van 9,85 meter.
Anke van der Westhuizen het met 'n tyd van 14:50,53 sekondes die 3000m Dogters O.16-rekord gebreek.
Tiane Lombard stel 'n nuwe rekord op vir die Gewigstoot Dogters O.16 met 'n afstand van 10,43 meter en Sherwin van Staden breek die 100m Seuns O.19-rekord met sy tyd van 10,80 sekondes.
Werda het vir Handhaaf in die spankompetisie gewen.
Die atlete wat bekers verower het tydns Hoër Volkskool se onlangse kleure-atletiekbyeenkoms.
Die bekerwenners was soos volg:
• Volksiebeker vir die vinnigste 100m: Sherwin van Staden (10,80 sek).
• Volksiebeker vir die vinnigste 1 500m dogters: Marion de Boer (5:24,95 sek).
• Wessel Fourie Beker vir die vinnigste 1 500m seuns: Jay-dee Jooste (5:09,30 sek).
• Charlie Lategan Beker vir die beste baanprestasie dogters: Marni van der Merwe (100m Dogters O.15 13.10 sek).
• Volksiebeker vir die beste baanprestasie seuns: Sherwin van Staden (100m Seuns O.19 10.80 sek).
• Ou Mutual Beker vir die beste veldprestasie dogters: Tiane Lombard (Gewigstoot Dogters O.16 10.43m).
• Christo Bezuidenhout Beker vir die beste veldprestasie seuns: Lafras van Rooyen (Diskus Seuns O.19 36.28m).
Senior Victrix Ludorum Tiane Lombard, Junior Victrix Ludorum Marni van der Merwe, Junior Victor Ludorum Jan-Hendrik Gouws en Senior Victor Ludorum Jay-dee Jooste.
• Junior Victrix Ludorum: Marni van der Merwe.
• Junior Victor Ludorum: Jan- Hendrik Gouws.
• Senior Victrix Ludorum: Tiane Lombard.
• Senior Victor Ludorum: Jay-dee Jooste.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'